Namibiese ekonomiese groei van 3,3% vir 2023 verwag
Die Bank van Namibië het die Ekonomiese Vooruitsig vir Augustus vrygestel met die plaaslike ekonomie wat na verwagting met 3,3 persent in 2023 sal groei en met 3 persent in 2024. Volgens die Internasionale Monetêre Fonds se Wêreld Ekonomiese Vooruitsig vir Julie, word verwag dat die ekonomie wêreldwyd stadig in 2023 sal groei. Wêreldwye groei sal na verwagting verlangsaam van 3,5 persent in 2022 tot 3 persent in 2023 om onveranderd te bly in 2024. Die beampte vir internasionale betrekkinge by die bank, Naufiku Hamunime, deel meer…