Elia Shikongo volg Ya Toivo op in Regterlike Dienskommissie

Die Regterlike Dienskommissie het vandag aangekondig dat President Hage Geingob vir Elia Shikongo as ‘n lid van die kommissie vir ‘n tydperk van drie jaar met ingang van 14 Augustus aangestel het. Shikongo is vir die aanstelling deur die Namibië Regsvereniging genomineer. Hy volg advokaat Vicki Erenstein ya Toivo wie se ampstermyn op 15 Julie geëindig het. Die kommissie bedank advokaat Ya Toivo vir haar toegewyde diens.