Tennis: Alcaraz en Djokovic takel mekaar weer in ‘n eindstryd
Tennis: Die Spaanse kampioen, Carlos Alcaraz, moes ‘n wedstrydpunt afweer in sy oorwinning van 2-6, 7-6, 6-3 teen Hubert Hurkacz van Pole om die eindstryd van die Cincinnati Ope te haal. Alcaraz kom vanmiddag teen Novak Djokovic in ‘n herontmoeting van die verlede maand se spannende Wimbledon-eindstryd te staan. In die vroue-eindstryd takel die Amerikaanse tiener, Coco Gauf, die Tsjeggiese speler Karolina Muchova. Die 19-jarige Gauf het die wêreld se nommer-een, Iga Swiatek van Pole vir die eerste keer in haar loopbaan in die halfeindstryd met 7-6, 3-6, 6-4 uitgeskakel.