Niger: Mags-oorgang van drie jaar voorgestel
Niger se staatsgreepleier het ‘n mags-oorgang van drie jaar voorgestel ná ‘n vergadering met ‘n afvaardiging van Wes-Afrika-leiers in die hoofstad Niamey. Generaal Abdourahmane Tchiani het in ‘n beeldsending gewaarsku enige aanval op die land sal nie ‘n Sondagskool-piekniek wees vir diegene wees wat betrokke is nie. Die Wes-Afrika-blok, Ecowas, het swaar sanksies teen Niger ingestel ná verlede maand se staatsgreep en het opdrag gegee vir die ontplooiing van ‘n bystandsmag om die grondwetlike regering in die land te herstel.