Verpleegster is Brittanje se ergste kindermoordenaar
‘n Britse verpleegkundige, Lucy Letby, word beskryf as die land se ergste kindermoordenaar van die moderne tyd nadat sy skuldig bevind is aan die dood van sewe babas. Die 33-jarige Letby het die babas vermoor en probeer om nog sewe te vermoor in die Countess of Chester-hospitaal in Chester, Engeland, waar sy tot 2020 gewerk het. Die hof het gehoor haar kollegas het haar langer as ‘n jaar verdink voor die polisie gevra is om die vlaag baba-sterftes te ondersoek. Die polisie sê hulle kon nie ‘n motief vind vir Letby se optrede tydens hul ondersoeke nie.