Ecowas vergader vir laaste dag oor Niger

Wes-Afrikaanse weermaghoofde sal vandag ‘n tweede en laaste dag van samesprekings in Accra, Ghana, hou waar besonderhede van ‘n moontlike militêre ingryping in Niger as diplomasie nie daarin slaag om ‘n militêre staatsgreep om te keer nie, bespreek sal word. Die land se regering is op 26 Julie omver gewerp. Luidens ‘n verklaring bly die gebruik van geweld ‘n laaste uitweg, maar as alle ander pogings misluk, is die magte van Wes-Afrika gereed.