Hoër onderwys moet aanpas om olie- en gassektor te bedienAugust 17, 2023

Plaaslike deelname in die olie- en gas-sektor is onder die loep by die konferensie wat tans in die hoofstad aan die gang is. Die sektor vereis vaardighede wat nie algemeen in Namibië beskikbaar is nie en daarom, moet aanpassings aan die tersiêre onderwysstelsel gemaak word. Professor Anicia Peters, die uitvoerende hoof van die Nasionale Kommissie vir Navorsing en Tegnologie sê al die belangrike rolspelers in onderwys moet bymekaar kom.