VN eis dat Sudan gevegte staak

Die Verenigde Nasies sê meer as 4 miljoen mense het weens die oorlog in Sudan gevlug en is in die land verplaas en lewe as vlugtelinge reg oor die streek. Die afgelope vier maande se gevegte tussen die Sudanese weermag en die paramilitêre groep, Rapid Support Forces, het die hoofstad Khartoem vernietig en aanvalle tussen etniese groepe in Darfur laat ontstaan. Die VN sê meer as 6 miljoen mense in Sudan is op die rand van hongersnood terwyl meer as 14 miljoen kinders humanitêre hulp nodig het. Hy het sy oproep vir die onmiddellike staking van vyandighede herhaal.