Saara sê oliebron is reuse-voordeel

Die eerste minister dr. Saara Kuugongelwa het die openingsrede van die Namibiese Olie- en Gaskonferensie gelewer. Die byeenkoms, wat vandag en môre in Windhoek plaasvind fokus op plaaslike voordele en deelname in die sektor. Meer as 700 afgevaardigdes woon dit by. Kuugongelwa-Amadhila sê die onlangse ontdekkings kan Namibië in die top-15 olieproduserende lande maak.