Onderwys se wysigings in buurland steeds in die nuus

Verskeie burgerlike organisasies in Suid-Afrika het die Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwyswette met gemengde reaksies ontvang. AfriForum sê die huidige formaat sal die onderwysstelsel negatief beïnvloed as dit deur die Parlement goedgekeur word. ‘n Woordvoerder van die Departement van Basiese Onderwys, Elijah Mhlanga, sê die wetsontwerp is daarop gemik om verskeie uitdagings aan te pak en die bestuur in skole te versterk. Hy sê van die veranderings sluit in leerders se toegang en aanvaarding in skole sowel as tuisonderrig: