Olie- en Gaskonferensie skop vandag in hoofstad af

Die tafel is gedek vir die Namibiese Olie- en Gaskonferensie wat vandag en môre in Windhoek by die Mecure Hotel plaasvind. Die kernfokus van die konferensie is op die voordele wat Namibiërs uit die olie- en gassektor sal kry. Verteenwoordigers van Nigerië, Angola, Uganda en Kenia, sowel as internasionale eweknieë soos Noorweë, Guayana en Trinidad en Tobago sal teenwoordig wees. Die Ekonomiese Vereniging van Namibië, die Namibiese Beleggingsbevordering en Ontwikkelingsraad, die Hanns Seidel-stiging en Namcor bied die konferensie aan waar 700 afgevaardigdes verwag word. Kosmos 94.1 Nuus het met die paaslike ekonoom Cons Karamata gepraat oor die geleentheid.