Nuwe projek teen plastiek in Suid-Amerika
Die regerings van Colombië, Jamaika en Panamá het ‘n projek van 804 miljoen Namibiese dollar van stapel gestuur om plastiekbesoedeling te beveg. Sowat een-derde van alle plastiek is vir enkelgebruik, 32 persent besoedel grond en varswater ekosisteme en soveel as 10 miljoen ton word jaarliks in die oseaan gestort. Die projek beoog om materiale soos plastiek so lank moontlik op hul hoogste vlak in die waardestelsel te hou deur die manier waarop dit ontwerp, gemaak, gebruik en weggegooi word, te verander.