Niger se junta ‘gereed’ om te onderhandel

Niger se militêre junta sê hy is oop vir samesprekings om ‘n streekskrisis op te los wat veroorsaak is deur verlede maand se militêre staatsgreep. Die aankondiging kom na beide die Kremlin en Washington sê ‘n vreedsame oplossing moet gevind word. Demokratiese Afrika-regerings het ‘n ook beroep op die staatsgreepleiers gedoen om die afgesette President Mohamed Bazoum, wat hulle sedert 26 Julie aanhou, te herstel. Wes-Afrikaanse weermaghoofde sal Donderdag en Vrydag in Ghana vergader om voor te berei vir ‘n moontlike militêre ingryping in die land.