Klasaksiesaak teen steenkoolmaatskappy in SA
Die menseregte-regsfirma Richard Spoor Attorneys het ‘n klasaksie by die hof in Johannesburg ingedien teen die steenkoolmaatskappye South32, BHP Billiton en Seriti Power. Hulle soek regsoplossings vir siek mynwerkers en die gesinne van werkers wat aan longsiektes weens steenkoolstof en verwante siektes dood is. Die aansoekers voer aan die maatskappye het die regsverpligtinge teenoor mynwerkers geskend, deur nie wetlike prosedures en beskerming in te stel nie. As gevolg daarvan het die mynwerkers ongeneeslike longsiektes opgedoen.