Groei in toerisme bring nuwe uitdagings in die bedryf

Die Gasvryheidsvereniging van Namibië het sy reaksie gegee op die toeriste-statistieke-verslag van 2022 wat deur die minister van toerisme, Pohamba Shifeta, bekendgestel is. Hy sê daar is ‘n toename van 98,1 persent in internasionale toeriste-aankomste vanaf 232 756 toeriste in 2021 tot 461 027 verlede jaar. Suid-Afrika, Angola, Duitsland, Zambië, Botswana, Frankryk, die Verenigde Koninkryk, Amerika, Italië en Switserland is die top-tien toeriste-markte vir Namibië. Kosmos 94.1 Nuus het met die uitvoerende hoof van die vereniging Gitta Paetzold gepraat wat sê daar is talle nuwe uitdagings…