Drie ‘Russiese spioene’ in Londen vas

Die Britse polisie het bekend gemaak dat drie vermeende spioene in Londen amptelik in hegtenis geneem en aangekla is. Die vermoede is dat die drie Bulgaarse burgers, die 45-jarige Orlin Roussev, die 41-jarige Bizer Dzhammbazov en die 31-jarige Katrin Ivanova, as spioene vir Rusland gewerk het. Hulle is reeds in Februarie gevang, na ‘n uitgebreide ondersoek van Britse nasionale veiligheid. Hulle word aangekla vir die onwettige besit van vervalste identiteitsdokumente. Hulle het glo vals ID’s en paspoorte vir die Verenigde Koninkryk, Bulgarye, Frankryk, Italië, Spanje Griekeland, Kroasië en verskeie ander lande in hul besit gehad.