Beserings is deel van rugby en elke speler moet alles gee

Die Springbokslot, Jean Kleyn, sê beserings is deel van die spel en behoort nie spelers te verhinder om hulle allerbeste te gee in opwarmingswedstryde vir die Wêreldbekertoernooi wat volgende maand in Frankryk begin nie. Dit volg op beserings aan die Bok-senter Lukhanyo Am, Frankryk se voorkeur-losskakel, Romain Ntamack, en Engeland se skrumskakel, Jack van Poortvliet. Suid-Afrika speel Saterdag in Cardiff teen Wallis as deel van die voorbereiding om hulle titel te verdedig. Kleyn sê beserings kan nie vermy word nie: