ANC sal in ’24 waai – Steenhuisen

Die DA-leier John Steenhuisen sê volgende jaar gaan Suid-Afrika se Moonshot-verkiesing wees, met opposisiepartye wat ’n reusesprong vorentoe gaan neem. Hy meen die ANC gaan onttroon word. ’n Veelparty nasionale konvensie word vandag en môre in Kempton Park in Johannesburg gehou. Steenhuisen sê die land het dringend ’n nuwe regering nodig wat die lyding van miljoene Suid-Afrikaners sal verlig: