Alweendo gesels oor olie, armoede, korrupsie en deursigtigheid

Die Namibiese minister van myne en energie, Tom Alweendo sê Namibië se oliebronne kan lei tot verhoogde vlakke van korrupsie en is nie ‘n outomatiese oplossing vir armoede nie. Hy het by die Namibiese Olie- en Gaskonferensie wat vandag en môre in Windhoek plaasvind, gepraat.

Die bestuur van die bronne en die sektor is ook uiters belangrik om volhoubaarbeid, deursigtigheid en aanspreeklikheid te verseker.