Alle oë op BoN met repokoers-aankondiging vandag
Alle oë is vandag op die Bank van Namibië met die jongste repokoers wat aangekondig word. Die bank se monetêre beleidskomitee het Dinsdag vergader vandag. Die koers is stans op 7,75 persent met inflasie op 4,5 persent. Ontleders by High Economic Intelligence sê die ander lande in die gemeenskaplike monetêre gebied, oftewel SACU, het uiteenlopende beleidstappe in die verband geneem. In Suid-Afrika is die koers op 8,5 persent en inflasie op 5,4 persent. Lesotho se koers is dieselfde as Namibië s’n op 7,75 persent terwyl inflasie daar op 5,6 persent staan. In Eswatini het die sentrale bank verras deur die koers met 25 basispunte te verlaag na 7,5 persent met inflasie op 5,3 persent. Die ontleders meen dat die sentrale bank die plaaslike repokoers onveranderd sal hou maar, voeg by daar sal nog verhogings die jaar kom veral met stygende voedsel-inflasie in Suid-Afrika en die droër toestande wat die somer verwag word. Ander makelaarsfirmas het ook nog verhogings in die repokoers vanjaar voorspel.