Vrou wat op video haaar kind slaan, verwurg, bly in aanhouding
Die vrou wat in die gru-video verfilm is waar sy op ‘n ses-jarige meisie sit en haar herhaaldelik slaan en verwurg, bly in aanhouding. Die video het die naweek op sosiale media verskyn en groot reaksie uitgelok. Tulinda Johannes, 23, is die ma van die dogtertjie. Sy het in die Katutura-landdroshof verskyn op klagte van aanranding. Die staat sê Johannes sal weer haar kind mishandel indien sy vrygelaat word. Die saak is tot 10 Oktober uitgestel vir die ondersoek om uit te brei. Adjunk-kommissaris Kauna Shikwambi van die Namibiese polisie het bevestig die voorval het in Greenwell Matongo in die hoofstad plaasgevind.