Tweede politikus in Ecuador vermoor
‘n Tweede politikus is in minder as ‘n week in Ecuador vermoor. Die links-gesinde Citizen Revolution-party se streeksleier in Esmeraldas, Pedro Briones, is volgens plaaslike berigte by sy huis deur gewapende mans op ‘n motorfiets doodgeskiet. Vyf dae gelede is die Coalition Movement se presidentskandidaat, Fernando Villavicencio in Quito doodgeskiet. Die presidentsverkiesing vind 20 Augustus plaas. Die polisie het nog nie amptelik oor die moord kommentaar gelewer nie. Die Esmeraldas-provinsie grens aan Colombia.