TransNamib koop 8 nuwe voertuie aanAugust 15, 2023

Plaaslike media berig dat TransNamib agt nuwe voertuie aangekoop het te midde van reuse-finansiële uitdagings. Die maatskappy skuld 8 miljoen Namibiese dollar aan Stad Windhoek en watertoevoer na die maatskappy is reeds twee weke gelede afgesny. Hy is ook blykbaar drie maande agterstallig in sy oorbetalings vir sy personeel se mediese fonds wat tussen 3 en 4 miljoen dollar maandeliks vir 700 personeellede kos. Die maatskappy se woordvoerder Abigail Raubenheimer het aan plaaslike media gesê die voertuie is reeds nege maande gelede bestel en dat hulle nodig is vir bedrywighede. Dit is alombekend daar is ‘n tekort aan werkende lokomotiewe en die spoorinfrastruktuur is ook vervalle wat ontsporings veroorsaak. Daar is vroeër berig TransNamib teken ‘n maandelikse verlies van 10 miljoen dollar aan.