Rugby: Terugslae vir Engeland, FrankrykAugust 15, 2023

Engeland se afrigter, Steve Borthwick, het Alex Mitchell by sy Wêreldbeker-groep van 33 ingesluit nadat die skrumskakel, Jack van Poortvliet, beseer is tydens die afgelope naweek se opwarmingswedstryd teen Wallis op Twickenham. Hy het sy enkel beseer in die eerste helfte en moet geopereer word. Ben Youngs en Danny Care is die twee ander skrumskakels in Engeland se groep. Die nuus volg op die onttrekking van die gasheer, Frankryk, se voorkeur-losskakel, Romain Ntamack. Hy het die afgelope naweek sy voorste kruisligament geskeur tydens die opwarmingswedstryd teen Skotland.