Rugby: Blou Bulle opgewonde oor Welwitschias-wedstryd

Rugby: Groot opgewondenheid heers oor die wedstryd tussen die Windhoek Draught Welwitschias en die Blou Bulle wat op 26 Augustus in Windhoek sal plaasvind. Dit sal ‘n gulde en laaste geleentheid vir die Welwitschias wees ter voorbereiding van die Wêreldbeker-toernooi in September in Frankryk. Die Namibiese Rugby-unie hou op 22 Augustus ‘n gholfdag en gala-dinee vir die Welwitschias voor hul vertrek na Frankryk. Die president van die Blou Bulle Willem Strauss het met Kosmos 94.1 Nuus gesels…