Olie neig verder op, aangedryf deur Chinese beleidsaanpassingsAugust 15, 2023
Oliepryse het vanoggend verder gestyg in reaksie op China se onverwagse verlaging van sy belangrikste beleidskoerse vir die tweede keer in drie maande. Brent neig na 87 Amerikaanse dollar ‘n vat. China het sy eenjaar-middeltermyn leningsfasiliteit met 15 basispunte verlaag tot 2,5 persent. Die mark het verwag die besnoeiings sal eers in September voorkom maar, die land se ekonomie sukkel en Beijing probeer ekonomiese aktiwiteit stimuleer. Brent het in die afgelope maand met net minder as 9 persent gestyg en met net meer as 14 persent in die afgelope 90 dae geklim. Plaaslik het ekonome reeds voorspel dat September ‘n brandstofprys verhoging sal sien, veral omdat daar reeds onderverhalings in Julie aangeteken is.