Nampol op soek na vier gevaarlike verdagtes
Die Namibiese polisie is op soek na vier gevaarlike mans in verband met verskeie klagte. Die verdagtes word gesoek op klagte van huisbraak en die beweerde moord op Patrick Hawala Hamupunda, ook bekend as Waka, Sondag in Katutura in die hoofstad. Nampol maan lede van die publiek om nie die verdagtes self in hegtenis te neem nie, maar om eerder die polisie so gou as moontlik te kontak wanneer hulle die verdagtes gewaar. Kosmos 94.1 Nuus het met ‘n woordvoerder van Nampol, hoofinspekteur Elifas Kauwinga gepraat…