Britse gesondheidsdiens het mislukAugust 15, 2023
Die Arbeidersparty sê die Tory-regering se bestuur van die land se nasionale gesondheidsorg het misluk. Daar is berigte dat pasiënte met kanker nie net maande wag om ‘n afspraak te kry nie, maar ook om behandeling te begin. Die leier van die party, sir Keir Starmer sê dit stem ooreen met sy mislukking met die ekonomie en die land se asielstelsel.