Begrotingskonsultasies: Weer ‘n beroep vir BIG om ingestel te wordAugust 15, 2023

Die eerste konsultasies in verband met die middeltermyn begroting is deur die finansministerie gehou. Dit is algemene praktyk vir die ministerie om met verskeie sektore in die verband te vergader. Eerste aan die beurt was burgerlike organisasies en dit het die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing ingesluit. Die direkteur, Graham Hopwood sê armoede het onder die loep gekom en daar is weer ‘n beroep gedoen vir die daarstelling van ‘n basiese inkomste-toelaag.