Vlugte gekanselleer ná vulkaanuitbarsting van Berg Etna

Vlugte ná en van die lughawe by Catania in die ooste van Sisilië is gekanselleer weens die uitbarsting van Berg Etna. Die vulkaan-uitbarsting het laasnag begin. Die vloei van lawa het teen dagbreek opgehou, maar as word steeds opgemerk uit van die kraters. Spoedbeperkings van 30 kilometer per uur is ingestel, en die gebruik van motorfietse is vir 48 uur verbied weens die aslaag in die strate. Die jongste kansellasies by die Catania-lughawe is ‘n verdere terugslag vir toerisme nadat die lughawegebou ‘n maand gelede in ‘n brand beskadig is. Meer toeriste maak gebruik van die Catania-lughawe as van die lughawe in die hoofstad Palermo.