Veroordeelde kindersekshandelaar vra vir herverhoor

Die veroordeelde Gautengse kindersekshandelaar en -verkragter, Gerhard Ackerman, is tot 12 lewenslange vonnisse gevonnis, maar beplan om ‘n mosie vir ʼn herverhoor in te dien. Hy is vroeër skuldig bevind aan meer as 700 aanklagte, insluitende verkragting, poging tot moord en mensehandel. Ackermann het na die vonnisoplegging by die hooggeregshof in Johannesburg aan die media gesê hy is onskuldig.

Regter Mohamed Ismail het die aanhoor van die mosie vir 27 November vasgestel.