TransNamib verwelkom staande komitee se oorsigbesoek
TransNamib het gereageer op die Parlementêre Staande Komitee vir Ekonomie wat ‘n rits streeksbesoeke afgehandel het. Die komitee het ondersoek ingestel na spoorweg-infrastruktuur en TransNamib. Die komitee sê die maatskappy moet beter dienste lewer en ‘n geïntegreerde meesterplan daarstel om opbrengste op beleggings te verbeter. Die besoeke volg op aanbevelings aan TransNamib deur die lynministerie om ‘n meesterplan in te stel wat lug-, pad-, spoor- en maritieme vervoer integreer. Die woordvoerder van TransNamib, Abigail Raubenheimer, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.