Stropery vir vleis – vertraging in sake is omdat die misdaad kompleks isAugust 14, 2023
Die sloer van hofsake in verband met die stroop van wilde diere vir vleis is in die nuus. Gevalle het toegeneem oor die afgelope jare met 24 wat in 2015 aangemeld is tot by 265 in 2019. Verlede jaar is 200 gevalle aangemeld. Daar is sedert 2015, 2 442 verdagtes gearresteer maar owerhede sloer omdat nog net 822, of net meer as 33 persent, sedertdien skuldig bevind is met die meerderheid van sake wat nog in die hof draai. Kosmos 94.1 nuus het met polisiekommissaris Naftal Sakaria, die nuwe bevelvoerder van Etosha Nasionale Park se teen-stropingseenheid gepraat oor hoekom vervolging so stadig is. Hy sê sake is uiters kompleks. Hy verduidelik.