Stad Kaapstad kry 50 000 diensversoeke in een maand

Die Stad Kaapstad sê energie-amptenare het in Junie voor ‘n ongekende uitdaging te staan gekom, naamlik om 50 000 diensversoeke van gemeenskappe regdeur die metro te hanteer. Die versoeke het gewissel van straatlig-herstelwerk en gelokaliseerde kragonderbrekings tot individuele residensiële elektrisiteitsfoute. Die burgemeesterskomiteelid vir Energie, Beverley van Reenen, sê die afgelope taxi-staking, het dienslewering ook belemmer en bykomende agterstande geskep: