Maak ander planne met internet met herstelwerk van Wes-Afrika-kabelstelsel

Suid-Afrikaanse ondernemings is aangemoedig om ander maniere te ondersoek om die verwagte internet-onderbrekings die hoof te bied nadat twee ondersese kommunikasiekabels gelyktydig gebreek het. Mybroadband se redakteur, Jan Vermeulen, sê sommige webwerwe laai dalk stadig, en ander dalk glad nie. Hy sê herstelwerk aan die Wes-Afrika-kabelstelsel en die Suid-Atlantiese Telekommunikasiekabel nommer drie, sal na verwagting eers volgende maand voltooi wees.