SA kinderverkragter kry 12 lewenslange vonnisse

Die hooggeregshof in Johannesburg het die veroordeelde kinderseks-smokkelaar en -verkragter, Gerhard Ackerman, 12 lewenslange vonnisse opgelê en onbevoeg verklaar om in aanraking met kinders te kom. Hy is vroeër skuldig bevind op meer as 700 aanklagte vir die bedryf van ‘n kinderseks-sindikaat in Johannesburg, wat tienerseuns uitgebuit het in ruil vir betaling. Hy moet nog verhoor word op bewerings dat hy in 2018 ‘n 11-jarige by ‘n buiteklub by onvanpaste optrede betrek het. Regter Mohamed Ismail het Ackerman bestempel as ‘n bose man wat kinders vir persoonlike gewin uitgebuit het.