RA-hoof gee terugvoering oor padprojekte

Die Paaie-owerheid se hoof uitvoerende beampte, Conrad Lutombi het terugvoering gegee oor die Hentiesbaai-Uis-padprojek wat geteer word. Dié projek word sedert die begin in 2021 deur baie finansieringskrisis gekonfronteer. Lutombi het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat en sê vanjaar is daar baie goeie vordering gemaak en na verwagting sal die die padprojek volgende jaar voltooi is.

Lutombi het ook oor die Windhoek-Okahandja-verbypad by Okahandja gepraat en sê hulle is nog op koers met die projek, waarvan ’n deel daarvan in September vanjaar vir verkeer oopgestel sal word.