Pole gaan voort met referendum oor migrasie-hervormings
Pole se regse eerste minister, Mateusz Morawiecki, sê hy gaan voort met die referendum oor die Europese Unie se migrasie-hervorming. Kiesers sal gevra word of hulle duisende onwettige immigrante uit die Midde-Ooste en Afrika wil aanvaar. EU-ministers van binnelandse sake het in Junie ‘n plan goedgekeur om verantwoordelikheid te deel vir migrante wat Europa sonder toestemming binnekom. Tot dusver vanjaar was daar 19 000 pogings om Pole via Belarus binne te kom vergeleke met 16 000 in totaal verlede jaar.