Jurie begin beraadslaag in Dickason-saak

‘n Jurie van 12 het vandag begin beraadslaag oor die lot van die Suid-Afrikaanse ma, Lauren Dickason, wat aangekla word van die moord op haar drie kinders. Die voorval het plaasgevind ‘n maand nadat die gesin na Christchurch, Nieu-Seeland, verhuis het. Die 42-jarige Dickason beweer sy was geestelik versteurd en het nie besef wat sy doen is moreel verkeerd nie. Regter Cameron Mander het ‘n opsomming van die saak aan die jurie verskaf en gevra hulle moenie deur emosies beïnvloed word nie en hulle beslissing op die bewyse baseer.