Hawaii: 93 dood, dodelikste brand in 100 jaarAugust 14, 2023
Die Federale Noodbestuursagentskap in die VSA sê dit gaan nagenoeg 104 miljard Namibiese dollar kos om die Hawaise eiland Maui te herbou. Die dodetal na die Maui-veldbrande het tot minstens 93 gestyg, wat dit die dodelikste Amerikaanse veldbrand in meer as 100 jaar maak. Snelbewegende veldbrande het hele woonbuurte uitgewis, geskiedkundige landmerke heeltemal afgebrand en duisende mense dakloos gelaat. Die goewerneur van Hawaii, Josh Green, sê minstens 2 200 geboue is vernietig met ongeveer 86 persent van daardie strukture wat residensieel was. Hy het gewaarsku die dodetal sal aanhou styg.