Eskom stel fase 3-beurtkrag in
Eskom het aangekondig fase 3-beurtkrag sal geld van vier-uur vanmiddag tot vyf-uur môreoggend om hom in staat te stel om noodreserwes aan te vul. Fase een sal daarna ingestel word tot vier-uur môremiddag. Dié siklus sal daagliks herhaal word tot verdere kennisgewing. Vertragings met herstelwerk aan eenhede by die kragstasies Kendal, Matimba en Tutuka dra by tot die huidige tekort aan krag. Eskom se waarnemende woordvoerder, Daphne Mokoena, vra verbruikers se samewerking om die vraag tydens spitstye te verminder.