ActionSA gryp in om sekuriteitswerkers se aandele terug te eis
ActionSA het ingegryp om G4S-werknemers te help om hul aandele terug te eis. Die party en die werknemers het ‘n saak teen die onderneming in Pretoria aanhangig gemaak en hom beskuldig van die verkoop van aandele sonder toestemming. Die onderneming het in 2005 ‘n personeel-eienaarskaps-trust gestig, wat 13 persent van die aandele aan werkers in ‘n Swart Ekonomiese Bemagtigings-onderneming beloof het. Die president van ActionSA, Herman Mashaba, sê meer as 200 werknemers is afgedank met geen aandeelhouer-uitbetaling nie.