Toerisme in die Kaap ly onder taxi-onluste

Kaapstad Toerisme sê die onlangse taxi-onluste het ‘n aansienlike uitwerking gehad op Suid-Afrika se internasionale reputasie. Die onrus, wat uitgeloop het op geweldadige betogings en die dood van vyf mense, het verband gehou met ‘n geskil tussen die Stad Kaapstad en die taxigroep, Santaco, oor beslaglegging op taxi’s. Die hoofbestuurder van Kaapstad Toerisme, Enver Duminy, het kommer uitgespreek oor die negatiewe uitwerking op ondernemings. Hy sê internasionale besoekers, veral uit Amerika, Nederland en Brittanje, het na wat berig word hulle vakansies weens die onrus gekanselleer.