Taakspan in die Kaap sal bepalings oor geskutte taxi’s ondersoek

‘n Taxi-taakspan in die Wes-Kaap sal oor die volgende twee weke die terme en voorwaardes beoordeel vir die vrylating van voertuie waarop beslag gelê is. Die Stad Kaapstad sê hy waardeer samewerking, maar bly toegewy aan die instandhouding van die wet en sal nie daarmee peuter net om die taxibedryf te akkomodeer nie. Burgemeester Geordin Hill-Lewis sê oor die volgende paar dae sal daar uitgerekte onderhandelings wees, wat hy vertrou, positiewe resultate sal oplewer: