Onderwyseminister lê streeksbesoeke af oor infrastruktuur

Die minister van onderwys, Anna Nghipondoka en haar adjunk, Faustina Caley, het al 14 streke in Namibië besoek om die skole-infrastruktuur te evalueer wat die ministerie besig is om regoor die land te ontwikkel. Kosmos 94.1 Nuus het met die ministerie se uitvoerende direkteur, Sanet Steenkamp, gepraat wat sê een van die sleutel-kwessies wat deel was van die besoeke, was die 510 klaskamers wat die ministerie regoor die land gebou het.