Mkhwebane verwerp aanbevelings in Artikel 194-ondersoek

Die geskorste openbare beskermer in die buurland, Busisiwe Mkhwebane, het openlik die aanbevelings verwerp soos uiteengesit in ‘n konsepverslag opgestel deur die Artikel 194-ondersoek. DIe parlementêre komitee het ondersoek ingestel na haar geskikheid om in die pos aan te bly. Die komitee het Vrydag vergader om die konsepverslag oor die ondersoek te oorweeg en te aanvaar. Hy het konsensus bereik om by die parlement aan te beveel dat Mkhwebane uit haar pos verwyder moet word. Mkhwebane sê die ondersoekproses is geskend deur beweerde onwettighede en deurslaggewende feite is ignoreer.