Klopjag op bende-baas in Ecuador lyk soos Hollywood-rolprent
In wat voorgekom het soos ‘n Hollywood-rolprent, het owerhede die leier van een van Ecuador se magtigste bendes na ‘n maksimum-sekuriteit tronk geskuif, drie dae na die sluipmoord op presidensiële kandidaat Fernando Villavicencio. Die skuif van Adolfo Macías, bekend as Fito, was bedoel vir die veiligheid van burgers en aangehoudenes. Sowat 4 000 soldate en polisiebeamptes het op die fasiliteit waar Fito aangehou is toegeslaan en beslag gelê op wapens, ammunisie en plofstof. Fito dien ‘n vonnis van 34 jaar uit vir dwelmhandel, georganiseerde misdaad en moord. Geen besonderhede van hoe hy moontlik met die sluipmoord verbind is, is bekend gemaak nie.