Hawaii-brande: Ondersoek gelas, 89 tot dusver dood
Hawaii se prokureur-generaal sê ‘n ondersoek na die hantering van verwoestende veldbrande wat vandeesweek minstens 89 mense in die deelstaat geddood het, is van stapel gestuur. Anne Lopez het die aankondiging gemaak namate kritiek op die amptelike reaksie toeneem. Lahaina is verwoes en mense is nie genoeg tyd gegun om te vlug nie. Meer as 1 000 mense word nog vermis en daar word beaam dat hul oorskot in die puin is. Die eiland se alarmstelsel het blykbaar ook nie afgegaan nie. Lopez sê haar kantoor sal kritieke besluitneming en staande beleide tydens en na die veldbrande op Maui en Hawaii-eilande, ondersoek. Die brand word as die ergste ramp in die deelstaat se geskiedenis geag.