Vroue-sokker: Laaste kans vandag vir ‘n plek in halfeindronde

Die mede-gasheer, Australië, Frankryk, Engeland en Colombië gaan vandag sake uitspook vir ‘n plek in die halfeindronde van die Wêreldbekertoernooi vir vroue. Australië speel eerste in Brisbane teen Frankryk, gevolg deur die kwarteindstryd tussen Engeland en Colombië in Sydney. Die twee wenners kom Woensdag in Sydney teen mekaar te staan vir ‘n plek in volgende Sondag se eindstryd. Die eerste halfeindstryd tussen Spanje en Swede vind Dinsdag in Auckland, Nieu-Seeland, plaas nadat hulle onderskeidelik van Nederland en Japan ontslae geraak het. Woody Jacobs, ‘n plaaslike sokker-afrigter, het met Kosmos 94.1 Nuus gedeel watter span hy dink die gesogte trofee omhoog gaan hou.