Hunter Biden kry ook spesiale regsman
Die Amerikaanse prokureur David Weiss is aangestel as spesiale regsman in die voortgesette ondersoek na die Amerikaanse president se seun Hunter Biden. Die prokureur-generaal Merrick Garland het sy aanstelling bevestig. Weiss sal verantwoordelik wees vir die ondersoek sowel as vir enige ander sake wat uit daardie ondersoek voortspruit. Die stap is aangekondig na ‘n pleitooreenkoms tussen Biden en aanklaers oor belastingontduiking en wapenbesit, misluk het.